Ps 49 Hoor dit

Views: 7


Hoor dit, alle volke, hoor dit goed
Almal wat hier op aarde woon
Hoor, of jy gering of ryk mag wees
Luister dat ek jou wysheid toon
Waarom sou ek vrees vir hom wat my dreig
Wat net op homself vertrou
Dink hy dalk dat niks hom hier ooit sal tref
En dat hy altyd sy gerief sal behou?
Dink hy dalk dat niks hom hier ooit sal tref
En dat hy altyd sy gerief sal behou?

Hoor dit, dwase mense, luister mooi
Of jy nou geld het, of gebrek
Dood sal kom, al is hy nie genooi
Almal is bestem vir een plek
Maar ek, losgekoop, sal die lewe sien
Al vat ek niks met my saam
O my Elohiem, Een wat ek hier dien
U onderhou die mens wat steun op u Naam
O my Elohiem, Een wat ek hier dien
U onderhou die mens wat steun op u Naam!