Ps 66 Maak sy naam groot

Views: 34


Maak sy Naam groot, ganse aarde!
Bring sy roem aan Hom deur sang
Selfs die vyand ken sy waarde
Kom al kruipende, so bang
Laat die aarde tot sy eer sing
Laat hul voor Hom buig, en lof bring
Groot en baie wyd is sy werke in ons belang

Met sy hand maak Hy die see oop,
Die rivier het Hy verdeel
Aan sy mag is daar geen einde
Wonders word deur Hom beseël
U’s die Een wat ons laat lewe
U weerhou ons voet van wankel
Deur die loutering van u toetsing maak U my heel.

My geloftes sal ek nakom
Uit my mond sal woorde kom
My gevoel sal ek nie terughou
Lofgesang behoort aan Hom
Hy’t geluister na my roepstem
Elohiem, U hoor my bedes
Oor u guns en goedertierenheid is ek skoon stom!