Ps 134 Kom loof Yahweh

Views: 12


Kom loof Yahweh, o almal wat Hom eer
Geen mens is daar soos Hy
Kom prys Yahweh, my lof-lus word al meer,
My nagte, sal ek ook toewy!

Hy het ‘n plek wat afgesonderd is
Sy Naam is daar geplant
Sy plek maak ons gereeld van Hom bewus
Sy grootheid hou my gees in stand

Hy word erken as Skepper, groot en wys
Onmeetbaar is sy werk
Hy sal ons seën, aan ons sy guns bewys
Uit Tsion, plek van roem, so sterk!