Ps 144 So geseënd


So geseënd is Yahweh, my rots
Hy berei my vir die oorlog
Hy staan in as my bergvesting
Voor Hom blaas ‘n reus die aftog
So geseënd is Yah, my redder
Wat my vyand heel verslaan

So geseënd is hy wat U ken
Wie is ons dat U so goed is?
Ons bestaan is soos ‘n wasem
Voor u mag haal ons skaars asem
So gedug is Yah, die Skepper
Selfs die hemel buig hom neer

So verskriklik is u almag
U beheer die land en water
Wie oortree, berou dit later
U verwar die een wat leuens strooi
So vol lof maak u ons harte
U wat ons tekort voltooi

So volmaak is u oorwinning
U versterk dan selfs die koning
En versteek hom in u woning
En bewaar u kneg teen aanval
So geseënd is selfs ons kinders
Opgekweek soos jong plante

So gepak is al ons skure
U voorsien in elke skaarste
U beveilig elke tuiste
U verwyder al ons peste
So geseënd is die groep mense
Wat Yahweh het as hul El!