Ps 19 Die hemel vertel


Kyk, die hemel vertel al die eer van Yahweh
Die lugruimte praat oor die werk van sy hand
Kyk, die dag en die nag, mens kan hoor wat hul sê
Al is daar nie ‘n woord of klank nie – baie duidelik hul stem

So volmaak is die Torah
So regverdig die gebod
Sy bevele en sy lering
dit verbly die hart

Kyk, die son het ‘n tent en hy loop soos ‘n held
Net soos ‘n jongman wat sy blyplek verlaat
Kyk, geen mens kan die krag van sy strale vermeld
Elke plek waar jy ookal mag wegkruip – jy kan hom nie ontvlug.

So volmaak is die Torah
So regverdig die gebod
Sy bevele en sy lering
dit verbly die hart

Kyk, die vrees van Yahweh voer vir ewig bo-toon
Selfs goud weeg nie op nie en stroop nie so soet
Kyk, die een wat dit hou, hy word grootliks beloon
Laat my woorde altyd tot U eer wees, o Yahweh my rots.

So volmaak is die Torah
So regverdig die gebod
Sy bevele en sy lering
dit verbly die hart