Noodkreet

Views: 13

CV, Location Unknown

What I’ve read here is the best news I have received in a long time. I am lost in this world, going to be alone soon and after seven years of trying to go into ministry and counseling, giving others the truth about our Father YHWH, financially and in my situation could not do this. But I know it is my calling. I have nothing left in this world, no finances and to old to start a worldly career. Looking to work inly for the Lord, learning His Word and helping other lost souls to His feet. I need a opportunity to stay and learn all that the Holy Spirit have to teach without worrying about were will the money come from. How can you help please. I am a 48 year old female, my heart was broken when I moved six years ago. Life was a struggle, I am tired of this Battle alone. I think my marriage is over so I have no home to go to. I need our YHWH today!!! Shabbat blessings to you and everyone there.

KOMMENTAAR

Hoop nie jy gee om dat ek in Afrikaans antwoord nie. Ek hoor die noodkreet in jou skrywe en wens ek kon iets konkreet aanbied wat jou omstandighede kan verbeter. Wat ek wel kan doen (en ek hoop dit help so ‘n bietjie) is om iets te sê oor jou teleurstelling dat jy nie die middelle kon vind om voltyds in die bediening in te gaan nie. Aangesien ek baie jare gelede self hierdie roete geloop het en intussen baie dinge in die bediening beleef het, het ek ‘n paar dinge geleer wat ek hier met jou kan deel. As iemand vandag sê dat hy of sy in die bediening wil staan, behels dit gewoonlik studies by (of deur) ‘n Bybelskool of Kollege of Universiteit. Persoonlik het ek 9 jaar lank aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer, maar ek het GROOT vraagtekens oor die kwalifikasies wat dit vir my in die sak gebring het. Ek moes BAIE van die dinge wat ek in my studies geleer het, later weer krities ondersoek en uiteindelik my rug daarop draai omdat ek tot die oortuiging gekom het dat dit nie ooreenstem met die eenvoudige boodskap van die Skrif nie. Ek kan net vinnig ‘n paar dinge opnoem, Shabbat, feeste, doop, die Vader se Naam, Drie-eenheid, belangrikheid van die Torah en nog baie ander. Ek moes dus baie van die dinge wat ek dáár geleer het (NIE alles nie!) “unlearn” omdat dit vir my ‘n hindernis op die pad van geloof was. Die klein groepie van gelowiges waarby ek nou betrokke is, bestaan meestal uit eenvoudige, ongeleerde mense en boonop het baie van hulle dit nie breed nie en sukkel werklik om hulle basiese finansiële verpligtinge na te kom. Maar almal van hulle is onopgeleide bedienaars van die Woord. Hulle getuig van Yahweh se guns en van die minder bekende waarhede van sy Woord, waar hulle ook al kom. Ek is ontsettend jammer om te hoor van jou huwelik waarin dit nie goed gaan nie en ander dinge wat vir jou skeef geloop het. Ek hoop en bid werklik dat jy, met Yahweh se hulp, sal kan werk aan hierdie dinge wat nie reg is nie. Maar niks hiervan het die lewende getuienis wat daar in jou hart is, weggeneem nie. Ek bid saam met jou vir ‘n werk, ENIGE werk (onthou Paulus was ‘n tentmaker), maar veral dat jy NIE sal ophou om die goeie nuus van die Woord van Yahweh en van sy seun Y’shua, met woord en daad sal uitdra nie. Baie sterkte! Mag Yahweh NOOIT sy hand van seën van jou onttrek nie!