Yahweh is groot – so lofwaardig is Hy
Skoon en verhewe in sy hoë plek
Lof en aanbidding wil ons aan Hom wy
En saam met nasies na Tsion optrek
Yahweh is groot – ons rotsvesting in nood
Konings trek saam, is verskrik oor sy Naam
Binne hul ryk is daar niemand so groot
Hul beef voor Hom soos ‘n moeder wat kraam
Yahweh is groot – sy beroemdheid strek wyd
Vol van geregtigheid sy regterhand
Ons blydskap oor Hom maak sterk vir die stryd
Sy trou en goedheid hou alles in stand