Vir Yahweh en sy groot wonders sing ek ‘n nuwe lied
Sy regterhand het iets ontsettend groot gedoen vir my
sy reddingskrag, geregtigheid, goedgunstigheid staan uit
Die ganse aarde juig oor Hom, Hy maak sy kinders bly!
Vir Yahweh as die groot Koning breek daar ‘n lofsang uit
Die ramshoring word sterk geblaas, die siter word gestreel
Die see breek hard, riviere bruis, die berge brul ook saam
Die skepping skreeu dit uit, wil in die lof van Yahweh deel