HY SAL SEËN – PSALM 1


Hy sal seën wie in sy weë bly
Die een wat elke spotter vermy
Sy lewe aan Yah se woord wy
Elke dag en elke nag
Soos ‘n boom, by die stroom
Vrugte baie soet sal jy daar kry

As jy jou nie skaar by die wat dwaal
As jy die wanhoop uit jou werk haal
Met regverdigheid jou hart staal
Elke dag en elke nag
Soos ‘n boom, by die stroom
Blare baie groen gee dit twaalf maal

Elke een wat wegdraai is soos kaf
Oordeel is dit wat volg op sy graf
Hoop van sondaars sny Hy mors-af
Wat jy saai sal jy ook maai
Soos ‘n boom, by die stroom
Sy trou en sy guns kom van ver af

Sy Torah is soos ‘n stroom in vloed
Daar word ‘n mens gewas en gevoed
Sterk gemaak, gevul met moed
Elke dag en elke nag
Soos ‘n boom by die stroom
Uit sy oer-bron kom daar net goed!

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x