Ps 147 Hoe goed is dit


Hoe goed is dit om Hom te besing, lied van lof vir Yah, ons Elohiem
Hy is die Een wat Yisraél opbou, sy Naam en sy volk is sinoniem
Hy genees gebrokenes, wonde word deur Hom verbind
Ootmoediges soek Hy, tot Hy hulle vind
Al die sterre tel Hy, voeg hul almal saam
Onse Meester – O hoe groot sy Naam!

Hoe goed is dit om Hom te besing, ryk aan krag, oneindig groot en sterk
Laat ons ‘n danklied sing tot sy eer, met musiek laat hoor hoe goed Hy werk
Hy bring wolke voort met reën, Hy laat gras uit rots uitspruit
Hy gee kos – selfs die kraaie roep dit uit
Nie die krag van perde, spiere van ‘n man
Sal vir ons doen wat net Yahweh kan!

Hoe goed is dit om Hom te besing, wat ons huis versterk, ons kinders seën
Wat kan ons meer begeer of wil hê: as ons vrede soek, is Hy die Een
Hy stuur sy bevele uit, vinniger as blits is hul
Sy handewerk word deur wind en weer onthul
Soos sy volk Hom vereer, prys ander volke saam
Onse Meester – O hoe groot sy Naam!