Views: 13
Die las het Hy heel weggeneem
Van slawerny bevry
Geen vreemde gode mag ons dien
Geen leidsman as net Hy
Hef aan ‘n lied, maak groot musiek
Juig tot Yahweh se eer
Die siter en die harp moet speel
Laat jubel keer op keer
Die nuwemaan het aangebreek
Die feesdag het gekom
Die opdrag het sy volk ontvang
Dit is tot eer van Hom
Hef aan ‘n lied, maak groot musiek
Juig tot Yahweh se eer
Die siter en die harp moet speel
Laat jubel keer op keer
In nood is sy hand altyd daar
Die sterkte van Israel
Van ons skouer lig Hy die las
Leer ons ‘n nuwe taal
Hy vra dat ons ons mond oopmaak
Sodat Hy dit kan vul
Sy woorde is soos kos wat voed
So word sy plan onthul
As sy volk tog net wou luister
Sy weg nooit sou verlaat
As ons ons siel deur Hom laat voed
Sal ons daarby net baat
Hy vra dat ons ons mond oopmaak
Sodat Hy dit kan vul
Sy woorde is soos kos wat voed
So word sy plan onthul.