Henog Kalender

Views: 75

EJ, Hermon

Is die 20 and 21 September 2022 Shabatte?

KOMMENTAAR

Ek het nou gaan kyk. Die 21ste September (gister) is die eerste dag van die sewende maand (die ekwivalent van ons Trompettefees) volgens die Henog Kalender (Enoch Calendar) wat ons nie volg nie – eenvoudig omdat dit nie die kalender is wat die Messias gevolg het nie. Dit is nie ‘n dag wat deur ons (en selfs nie deur die Jode – beide Ortodokse of Karaite – gehou word nie). Daar is heelwat groepe waarvan ek weet wat hierdie Henog kalender volg, wat deur sommige groepe in die tyd van die Messias gevolg is (volgens die Qumran geskrifte), maar NIE deur die Messias self en sy volgelinge en die vroeë apostels, wat ons ware voorlopers in die Messiaanse geloof is nie. Dus behoort ons, wat onsself as navolgers van Y’shua van Nasaret beskou, dit ook nie te doen nie.