Yahweh is groot, die nasies buig voor Hom neer
Sy Naam is gedug – dit laat die aarde beef
Hy is die Afgesonderde, wat regeer
En Hy skaar hom by die volk wat reg nastreef
Onreg stoot Hom weg, maar die goeie trek Hom aan
Op geregtigheid plaas Hy maklik sy seël
Hom kan ons loof – by sy voetbank stil gaan staan
Daar sal Hy sy krag en roem aan ons kom uitdeel
Yahweh is El, ook Mosheh het Hom gedien
En nog meer het met hul hart sy Naam vertrou
Met wolkkolom het Hy hul sy krag laat sien
Sy getuienisse het hul onderhou
Bedes hoor Hy aan, ook hul skuld het Hy vergeef
Deurentyd het Hy, só getrou, saam geloop
Verhef Yahweh, ons Elohiem, want Hy leef
Op sy werk en woord kan ons gerus maar bly hoop!