Hy wat in Yahweh se skuilplek gaan sit
Sal in sy skadu ‘n rusplek kan vind
Daar sal hy besef: Yahweh is my bergvesting
My toevlug, die Een in wie ek nog kan vertrou as kind
Met sy vlerke sal Hy hulle bedek
Onder sy vleu-els kan niemand hul tref
Hul hoef nie te vrees vir die skrik van die nag nie
Hul Redder is daar – die Een wat sy hand oor hul ophef
Al val daar duisend aan jou regterhand
Selfs as ‘n slang kom wat seil oor jou pad
Sal die Een wat jou liefhet jou altyd uithelp
Jou bedes verhoor, jou seën en uitred en jou hand vat!