Ps 78 Ons wil woorde


Ons wil woorde voor jul hou; ons wil spreuke tot jul rig
Wat ons geleer het, wil ons oordra
Ons sal wonders nie verberg, maar dit oopstel in die lig
Elkeen sal bly wees as hul uitvra
Die dade van Yahweh kan ons nie bedek
Die wat dit hoor, se oë sal rek
Daar’s getuienis wat staan en die lering spreek vanself
Kom ons beweeg, staan op van ons plek!
Kom ons beweeg, staan op van ons plek!

Kyk na húlle lank voor jul, wat rebels was in hul hart
Yahweh se opdrag nie gehou het
Bot geweier om te doen, wat hul lees in die Torah
En só, gereeld hul kans verbrou het
Die kinders van Yahweh, bly weg van Hom beur
Dit is genoeg om mens te laat treur
Dis ‘n koppige geslag met ‘n erg onvaste hart
Kom ons besluit: dié les gaan ons leer!
Kom ons besluit: dié les gaan ons leer!

Ondanks alles wat Hy doen, het hul steeds teen Hom gedraai
Sy wonders kon hul nie by Hom hou
Elke keer het hulle weer, Hom gesoek en t’rug gekeer
Maar sondig dan weer – sommer gou-gou
Die weë van Yahweh, is duid’lik gebaan
Waarom is daar so min wat verstaan?
Tog is Hy altyd getrou en gereed om te vergeef
Kom ons hou vas: Hy sal vooruit gaan!
Kom ons hou vas: Hy sal vooruit gaan!

Hy dryf nasies voor mens weg, gee ‘n erfdeel aan sy volk
Die wat Hom uittart, duld Hy glad nie
Die geslag wat Hom verwerp, loop vanself weg van sy wolk
Hul is nie langer op sy pad nie
Die woonplek van Yahweh is ewig en vas
Dawid moet nou sy kudde oppas
Hy’t Yehudah uitverkies, om op Tsion te gaan woon
Kom ons sluit aan en gryp aan Hom vas!
Kom ons sluit aan en gryp aan Hom vas!