Ek was so bly toe hul vir my sê:
Laat ons die stad van Yahweh binnegaan
Ons voete, O Jerusalem, staan in jou poort
Van hier weerklink die Woord reg deur die wêreld voort
Met hul wat jou prys, gaan ons akkoord!
Die huis van Dawid, deur Hom verkies
Dit is die plek waar Hy sy reg laat geld
Ons bedes, O Jerusalem, sal Hy verhoor
Mag jou liefhebbers nooit hul vastigheid verloor
Dit is jou skoonheid wat hul bekoor!
Vrede vir jou – die wens van my hart
Mag daar tog rus tussen jou bure wees
Jou vrede, o Jerusalem, weeg baie swaar
Vir al my broers en al my vriende is dit waar
Saam sien ons uit na ons toekoms dáár!
Ek was so bly toe hul vir my sê:
Laat ons die stad van Yahweh binnegaan
Ons voete, O Jerusalem, staan in jou poort
Van hier weerklink die Woord reg deur die wêreld voort
Met hul wat jou prys, gaan ons akkoord!