O Elohiem, hoor my gebed
Dit voel vir my my hart beswyk
U plaas my voete reg op die rots
Wat te hoog en ver-af lyk
O Elohiem, U is vir my
Die skuilplek wat my heel toemaak
Ek wil vertoef, in u tent van rus
En dáár u nabyheid smaak
O Elohiem, U hoor my hart
U seën die mens wat u Naam vrees
Hou u hand oor die een op die troon
Mag U tog sy Leidsman wees
O Elohiem, u aangesig
Is waar ek ook van trou kan leer
Wat ek beloof, wil ek steeds betaal
En altyd sing tot u eer