Ps 50 Die magtigste een


Die magtigste een op die aarde is Hy
Wat as Yahweh Homself openbaar
Van die son se opkoms totdat hy weer verdwyn
Roep Hy ons op sy berg bymekaar
Skoonheid wat jy sal waardeer
En ‘n ligglans wat uit Hom uit straal
Voor sy aangesig vuur wat ‘n mens kan verteer
Vir hul dade moet almal betaal

Versamel die volk wat my guns om hul vou
My verbond in hul harte bewaar
My geregtigheid word in die hemel aanskou
Hoor dus nou wat Ek hiermee verklaar:
Ek is die Een wat jou lei
Ek besit ook die vee op die land
Kyk, die wêreld, sy volheid behoort ook aan My
Selfs jou offers kom dus uit my hand

Wat Ek graag wil hê, is jou offers van dank
Dat geloftes eerbiedig sal word
In verdrukking, roep My, selfs die hele dag lank
Daardie een wat my eer, kom niks kort
Hoe kan jy my Woord verag?
Hoe kan Ek stilbly as jy so dwaal?
As jy let op jou weg, kan jy baie verwag
En die beste uit jou lewe haal!