‘n Skuilplek is U vir my o Yahweh
U sorg dat ek glad nie beskaamd staan
Bevry my dat ek u reg kan leer ken
U Naam is die rots waar ek ingaan
Wil u asseblief tog u oor oophou
En aan my ‘n plek in u huis gee
‘n Bergvesting word deur U daar gestel
Dis dáár waar U tydig sal intree
U skuilplek is waar ek leer van u trou
Die plek waar my vyande swaar trek
Die net wat hul span skeur U maklik oop
Dit voel of U om my ‘n laer trek
Ek juig en verbly my oor u goedheid
U weet as benoudheid my beetpak
Dis dán dat U kom en veg vir my saak
Die grond vir my voete gelykmaak
U skuilplek bied rus vir liggaam en siel
Daar’s tye dat my lewe weg kwyn
My kragte smelt weg as ek U verlaat
Opstandigheid teen U bring méér pyn
Maar nou kies ek om U weer aan te hang
My tye kom gee ek in u hand
Laat tog nou u aangesig oor my skyn
As U volg’ling hou U my eenkant