As Yahweh die huis nie bou nie
Tevergeefs sal ons daaraan werk
As Hy die stad vir ons nie hou nie
Wat help dit ons dink ons is sterk?
As Yahweh die huis nie seën nie
Tevergeefs dat ons korter slaap
Aan smart moet jy jou nie oorgee nie
Hy gee guns terwyl ons nog slaap
Ons grootste erfdeel is ons jeug
Soos ‘n pyl, skerp en akkuraat
Vrug van Bo af, ons huis is nie leeg
Ons kan met almal hieroor praat!