Views: 38
By U skuil ek, Yahweh, U verlos my gereeld
My vervolgers kan niks doen as U agter my staan
Staan op, my Elohiem, word wakker vir my saak
Loop…voor…ek is gedaan!
Sou ek U loën, Yahweh, en my hande besmet
My vervolgers mag my dan in die stof laat verstik
Maar U, U ken my hart, U weet wat het gebeur
Reik…uit… U kan verkwik!
Doen aan my reg, Yahweh, en bevestig u trou
My vervolgers het slegs hoop as hul tot U bekeer
U swaard, oneindig skerp, vernietig tog die leuen
Raak…aan…niemand kan keer!
Ek wil U loof, Yahweh, ek kan myself nie keer
My vervolgers kan my hart nie van U af wegruk
U Naam, geweldig groot, is waarvan ek wil leer
Yah…weh…Allerhoogste!