Ps 39 Ek was stom


Ek was stom in stilte, geen woord het ek gesê
Styf teenaan my mond laat ek my hand lê
Ek let op my weë, geen reël het ek oortree
Een standaard: Ek kan alles vir U gee
Maar ‘n vuur het in my begin om te ontvlam
Smart was oral om my, my bene was skoon lam
Lewe is kortstondig – twee breedtes van die hand
Swyg gaan my nie help – U’s aan my voorkant

Mens is soos ‘n skadu, hy woel en werk verniet
Daarom wil ek slegs op U my hoop giet
My verwagting, Yahweh, is op geen ander plek
U alleen kan in my hart geloof wek
Red my van oortreding, neem oneer van my weg
Sal nie protesteer nie, U weet tog wat is reg
Hoor my as ek uitroep – daar’s trane in my oog
U alleen ken my – kom maak my oë droog!