Ps 60 U self het ons

U self het ons verstoot, verdeel
Die land laat beef, gekloof, verwond
Bring tog genesing vir ons wonde, gee tog herstel, maak ons heel
Ons het die groot hartseer beleef
U wyn van toorn moes ons drink
Maar ons kon vashou en aan u vaandel bly kleef
Die wat U lief het, hou vas aan u banier
U oor wat luister en u hand, so sterk, sal ons kan red
Die wat u Naam vrees, het U met prag versier
Die wat hul rein hou, en waarlik u Woord liefhet

Aan U behoort almal wat leef
U werk met elkeen soos U wil
Reg oor die berge, in die dale, sal hulle buig, voor U beef
Staan ons by, ons het geen raad
As U nie voor loop, bly ons hier
Net op u groot mag vertrou ons en maak ons staat