Ps 56 Toon u guns


Toon u guns aan my, o Elohiem, hierdie dag
Dit voel of ek vertrap word, bestorm en omgeskop
In hoogmoed kom mense aan, met woede tref hulle my
Hul val my aan, hul lê en loer, hou elke beweging dop

As die angs oor my kom, sal ek op U vertrou
Die oomblik as ek bang voel, sal ek u Woord opsoek
Vir mense sal ek nie stuit, niks kan hulle aan my doen
Die vrees vir U oortref dit als en maak my toe soos ‘n doek

Ongeregtigheid van mense sal U vergeld
Selfs nasies wat U teenstaan, sal nie kan staande bly
My vyand sal retireer, sy slinkse plan kom tot niks
Hy moet omdraai en hy moet weet, U Yahweh baklei vir my

U het u geloftes in my oor uitgespel
Dus sal ek nooit kan ophou om U Naam groot te maak
My lofoffer sal ek bring, U eer soek ek altyd deur
Op U weg sal ek bly wandel – U het my u guns laat smaak!