Ps 64 My stem gaan tot


My stem gaan tot u troon, o Yahweh
My gemoed word sterk aangeval
Bedek my tog teen lis en verraad
Teen woorde kompleet soos gal

Op my hart word pyle afgeskiet
Woorde en werke wat wond
Hul huiwer nie om strikke te stel
En laat rus my nie een sekond

Hul dink niemand kan sien nie
Hul harte is onvoorspelbaar
Hul hou nie tred met die pyle van Hom
Wat Hom altyd by sy volk sal skaar

Ek wil graag praat oor dit wat U doen
Ek wil vrees en u Naam vereer
Ek wil lofsing oor dit wat U is
My in U beroem, niks meer!

Op my hart word pyle afgeskiet
Woorde en werke wat wond
Hul huiwer nie om strikke te stel
En laat rus my nie een sekond

Hul dink niemand kan sien nie
Hul harte is onvoorspelbaar
Hul hou nie tred met die pyle van Hom
Wat Hom altyd by sy volk sal skaar!