Views: 28
By die riviere van Babilon, daar’t ons gesit, en daar geween
As ons aan Tsion dink, skeur ons hart, ons is verwond, sy’s met ons een
Aan wilgerbome opgehang, ons instrument wat U moet loof
Maar ons is weggevoer, meegesleur, van elk’ herinnering beroof.
Hoe kan ons u lied sing in ‘n land waar ons soos vreemdes, naamloos woon
Maar hoe kan ek jou tog ooit vergeet, Jerusalem, pilaar en kroon
As ek vergeet, jou eie volk, ja, op jou Koning nie meer hoop,
Laat ek my regterhand ook vergeet, van alle eer en lus gestroop
Daar is niks wat ek meer kan begeer: my te verbly in daardie stad
Mag selfs die volk wat haar wil afbreek, self ook dit sien: daar lê ‘n skat
Maar Babilon, plek van die dood, op al jou werk rus daar net leed
Vernietiging en groot teistering, het Yahweh vir jou afgemeet!