Ps 80 Herder van Israel


O Herder van Israel hoor tog – u troon is gesog, ruim verlig
O Elohiem van leërskare – ons wag, op u mag, vandag
Laat dan tog nou u aangesig skyn – kom bring tog herstel – die stryd is te fel
Ons eet al lank ons tranebrood – U wéét dit – dit moet tél!

O Yahweh die Een wat ons ken – ons voel vasgepen, opgewen
Hoe lank nog voor U ons gebed verhoor – wind kry ons – van voor
Vergeet tog nie die wingerdstok, sterk – deur U daar gestel – uit as opgetel
Al is hy byna afgekap – U maak hom reg en wel!

Beskermer van hul wat u Naam aanroep, aangeneem, aangeraak
Seun deur U goedheid groot gemaak, geliefd, regterhand, u trots
As U u hand oor ons sal uitstrek, sal ons nie afwyk, vertrou op u Naam
Laat kom ons voor u aangesig – en neem ons met U saam!