Waarom het U u volk verstoot
U skape weggedryf?
Het U vergeet hoe het U hul
As erfdeel opgeskryf?
Dink aan u volk, u berg, u woord
Die tekens van u trou
Laat selfs die vyand dit aanskou
Hoe U beloftes hou!
Kyk hoe het hul u plek verniel
Tot puinhope gemaak
U huis met byl en vuur ontwy
Asof dit hul nie raak
Waarom hou U u hand terug –
Laat dit te voorskyn kom
U hand kan selfs die see oop klief
U mag slaan mense stom
Aan u behoort die dag en nag
Die son het U formeer
Seisoene en planete
Selfs die grense lê U neer
Maar U seën ook die tortelduif
Geringes sien U raak
Staan op, Yahweh, neem oneer weg
En ywer vir u saak!