O Elohiem met ons oor het ons gehoor
Ons vaders het dit gereeld vir ons vertel
‘n Werk het U gedoen lank voordat ons hier was
U het van ouds die nasies geplant
Volkere het U voor ons verdryf
In die Woord is dit vir ons beskryf
Hul eie arm kon hulle nie laat wen nie
U regterhand het hul nie geken nie
O Elohiem, U wat altyd Koning bly
U maak dat u volk gereeld die oorlog wen
In u groot Naam kan ons elke hekkie oorkom
U het van ouds ons haters beskaam
In u Naam roem ons die hele dag
Ons sal tot die end op U bly wag
U naam sal ons vir ewig nooit kan vergeet nie
Daar is geen plan waarvan U nie weet nie
O Elohiem, stel ons voor u aangesig
Vergeet tog nie dat ons bitter lyding ken
Soms voel dit of U slaap terwyl ons so swaar kry
Ontwaak en word tog wakker oor ons
In die stof is ons siel neergebuig
Kyk hoe ons buik aan die grond vas suig
Staan op om ons te help – doodse angs pak ons beet
Dat U getrou bly, is al wat ons weet