Ps 75 U Naam is naby

U Naam is naby hom wat graag u werk wil meld, u lof laat hoor
Vandat die son sy kop uitsteek, totdat hy onder gaan
Al sou die aarde skud en wankel, sy bewoners koers verloor
Kan ons steeds weet: al sy pilare sal U vas laat staan
U handel nooit in onreg nie, u ingryping is nooit te laat
Maar elkeen wat u pad vermy, sal U met sorg vermaan.

Ek sien ‘n beker in u hand, dit skuim van wyn, U skink daaruit
Dit is die beker waaruit hy wat U verloën moet drink
Wat my betref, ek sal U prys, u Naam besing, u lof vertel
Van altyd af het slegs u Naam bo elke naam weerklink
Die planne van die bose mens word keer op keer tot niks gemaak
U maak ons sterk en gee ons krag – veel meer as wat ons dink!