Ps 118 Laat die nasie


Laat die nasie die goedheid van Yahweh vermeld
En getuig dat dit selfs tot in ewigheid geld
Laat priesters en ander hul stem hierby voeg
Is ons lof, en woorde ooit werklik genoeg?
Uit my bitter benoudheid het ek Hom gesmeek
Toe het Yahweh net dáár ‘n stokkie voor gesteek
Hy is altyd aan my kant – ek hoef nie te vrees
Elke pyl sal my mis, want my Skild sal daar wees!

Yahweh sal my kom uithelp teen hul wat my haat
Ek vertrou Hom – wil my nie op mense verlaat
Daar’s magte wat aankom, my lewe omring
In die Naam van Yahweh sal ek hul verdring
Soos ‘n bye-swerm het hul om my gekoek
Maar nou vind jy hul nêrens – net waar jy ook soek
Yah is my sterkte, die Een wat red van gevaar
In die tent van sy volk sal jy vreugde ervaar!

Kyk, vandag is tog die dag deur Yahweh gemaak
Laat ons bly wees en ons gekla sonder meer staak
Ag Yahweh, gee redding, bring u lig opnuut
Ons verlang na u seën en rus wat U bied
Hoe geseënd is hy wat kom in Yahweh se Naam
Wat hom vir sy hoop in Yahweh geen oomblik skaam
U is my Elohiem, u Naam so hoog en skoon
Tot die einde sal ek in goedgunstigheid woon!