Ps 101 Tot u eer


Tot u eer wil ek my lied sing
Want U dring my tot ontsag
Ek fokus op opregte wandel
En wil op U wag

Ydel werk jaag ek nie na nie
Ek vermy die wat U loën
Hul werke sal op geen manier nie
Bly staan voor u troon

‘n Verkeerde hart is giftig
Ongekende bron van kwaad
Mag ek altyd daarvan bewaar word
In woord en in daad

Wee die mens wat in die stilte
Slegte goed van ander praat
So ook die een wat trots van hart is
Niks wat ek meer haat

My-y oë rig ek op mense
Wat hul harte rig op Hom
Opregtheid is die grootste strewe
Oral waar hul kom