My El, my El, ek roep vandag
Waarom is U nie meer by my?
Ver van my nood, ver van my nag
Dit voel of ek van U weg gly
Hoor tog die klank van my gebrul
En elke kreet wat my laat krul
My El, my El, U is my hoop
Ons vaders het op U vertrou
Waarom moet ek in oneer loop?
Terwyl die spotters my toesnou:
Sy Elohiem kan hom nie red,
En wat hy vra, word hom belet
My El, my El, U sien my nood
Soos ‘n potskerf het ek geword
Ek lê in stof, soos in die dood
My bloed word op die grond gestort
Deur ‘n sterk mag word ek omring
Ek word versmoor, ek kan nie sing
My El, my El, ek weet U’s daar!
U Naam wil ek met geur vermeld
U dek my hoof, ken elke haar
Die wat U loën sal U vergeld
Kyk, die geslag wat U wil dien
Sal u groot eer op aarde sien!