Elohiem, bewys u guns
U barmhartigheid is groot
Was my skoon, neem weg my sonde
En dit wat my van U weg stoot
Dis teen U wat ek oortree het
En gedoen wat U nie duld
Ek, bevlek reeds van geboorte
Tóé reeds was ek by U in skuld
U soek waarheid diep in my hart
So nie, val die wysheid weg
Net U kan my wonde heel maak
Net U maak elke seerplek reg
Laat my oor u goedheid bly wees
Laat my van u lof vertel
Ook aan hul wat graag wil vry wees
Groot, ja onpeilbaar is my El!