Views: 37
Ek wil vertel van u wonders
Uit my hart uit wil ek my lof bring
Elke dag wil ek juig en bly wees
Tot die eer van u Naam wil ek sing
Voor U hand kan my vyand nie standhou
Hul struikel en deins van U weg
Selfs hul name sal spoedig vergeet word
U werk en u oordeel is reg
U troon sal vasstaan vir ewig
Weens geregtigheid word U gevrees
Vir die een wat hier swaar verdruk word
Sal U altyd ‘n rotsvesting wees
Daardie een wat u Naam nog wil aanroep
Is seker hy kan U vertrou
U sal hom wat U soek nooit verlaat nie
Hy roep en U sal onthou
Bewys aan my guns, o Yahweh
Ek wil graag van u werke vertel
In die poort getuig ek vrymoedig
Al sou sterkes vir my hul wip stel
Daardie een wat u Naam nog wil aanroep
Sal gou leer van u mag en trou
U sal hom wat U soek nooit verlaat nie
Hy roep en U sal onthou
Daardie een wat u Naam nog wil aanroep
Sal gou leer van u mag en trou
U sal hom wat U soek nooit verlaat nie
Hy roep en U sal onthou!