Ps 23 Yahweh is my herder


Yahweh is my Herder – dit weet ek
Niks sal my ooit ontbreek
Hy laat my neerlê op ‘n plek
Vol gras en waters van rus

Om te kan loop waar Hy ons lei
‘n Voorreg ongeken
Om by sy bron van water te bly
Sal my voorwaar laat wen

Hy voed my siel – dit kan ek weet
Sy spoor strek uit voor my
Selfs by die dood staan Hy gereed
Sy stok en staf my tot troos

U dek ‘n tafel – dis ongehoor
Giet olie op my hoof
My beker loop al heeldag oor
My hart wil U altyd loof

U goedheid en u guns ken ek
Dit duur ‘n ewigheid
Ek het in u groot huis ‘n plek
Vir ‘n lang, onmeetbare tyd