Daar’s berge rondom Jerusalem, so is Yahweh rondom sy eiendom
Die wat op Yahweh vertrou, weet ons, staan soos Sionsberg vas, sal nie wankel nie
Nooit sal die afvalligheid die opregtes vang of hul kamp inkom
Nooit sal hul hul hand uitsteek na ‘n weg wat afdraai, skeef en krom
Die erfdeel van die regverdiges, is wat maak dat hulle hul kop oplig
Die wolk van onreg is groot, weet ons, maar opregtes vermy dit met alle mag
Yahweh sal afvalliges binnekort inhaal – uit hul waas uitlig
Yahweh doen aan goeies goed – en groot vrede is vir hul in sig!