Bewoë is my hart, vol my gemoed
Onder die wat ek ken is U die skoonste
U lippe is vol guns, U word deur Elohiem met lof geseën
Met grasie bring U eer en reg byeen
Voorspoedig is u troon, geen mens so groot
Voortreflik is u toegerus met waarheid
Oor volke sal U heers, U word deur Elohiem gesalf as vors
U onderdane druk U aan die bors
Groot vreugde bring U ons, ons buig ons neer
Lojaliteit is wat U soek en niks meer
U Naam wil ek vermeld, en nie ‘n enkele sekonde swyg
Dis U wat self my hart na U toe buig