Ps 106 Hy is so goed


Loof Yahweh, want Hy is so goed
Tot in ewigheid sy guns
Sy groot dade maak mens vol moed
Sy bevele bring net wins

Dink aan my, Yah, maak my wond heel
Ek wil voorspoed graag aanskou
Ek wil bly wees oor u erfdeel
In u vreugde my toevou

U volk dink nie aan u wonders
U groot hand het hul vergeet
Wat U doen is so besonders
Hoe kan iemand dit nie weet?

In hul tent het hul gekerm
U geterg deur wat hul doen
Asof U U nie ontferm
En hul sondes nie versoen

Hul rebelsheid was ‘n groot las
U kneg Mosheh moes dit dra
Hul’t gekla net soos dit hul pas
Nie gedoen wat Yahweh vra

Baie keer moes Hy hul uitred
In hul nood hul hart aanraak
Al wou hul nie op sy woord let
Nooit het sy verbond gestaak

Amein, sê ons, halleluyah
Bring ons uit die nasies aan
Oor u woord roep ons uit: so-ja
Ons wil reg voor U kom staan!