Hoe lieflik i-is u woninge
Yahweh van die leerskare
My siel verla-ang en hunker na
U huis met sy altare
My liggaam roep vol hoop
Om hart en vlees by U te wees
Hoe geseënd u volg’ling
Wat aansluit by u fees!
Die swaeltjie vind elke keer sy nes
Waar hy sy kleintjies neerlê
As ek my ple-ek vind in u huis
Wat sou ek dan wou méér hê?
Stuur tog nou u seën – reën
Maak van die dor land u fontein
Wend u oor na my roep
As ek voor U verskyn
Een dag by U is soveel beter
As duisend by ‘n ple-ek
Waar mense U nie kom opsoek nie
En weg van U af tre-ek
U, my skild en sonskyn
U sal die goeie nie terug hou
U ken my begeerte
Op u Woord kan ek bou
Liewer mote in u drumpel trap
As afdraaipaaie loo-oop
In tente van sondaars wil ek nie woon
Hul skuilings bied geen hoo-oop
U ons sterkte, ons rots
Wat ‘n voorreg by U te leer
U Yahweh, bly ons trots
Niks kan ek meer begeer