Ps 10 Yahweh ek roep


Yahweh, ek roep in benoudheid
Wees asseblief nou hier by my
U ken die mens in sy trotsheid
Wat graag wil sien dat ek val

Yahweh, wil U nie nou opstaan
Hef asseblief nou u hand op
Soos die leeu wat na sy prooi gaan
Wil een sy net om my span

Yahweh, die mond van die trotsaards
Is vol van vloek en van oneer
Ek rig my oog na U, opwaarts
Ek glo vas dat U sal help

Yahweh, o Heler wat heel maak
U sorg vir swakke en brose
U’s dáár as iemand my seer maak
U hoor die sug van u volk

Yahweh, U ken al ons skete
U maak ons harte weer lewend
U luister na ons noodkrete
Vrese neem U van ons weg