U seën die een wat die armes seën
U red hom uit elke nood
Yahweh bewaar hom voortdurend
Selfs uit die strik van die dood
Yahweh bewaar hom voortdurend
Hy is getrou, Hy is groot
Ek het gesê: bewys tog u guns
Raak tog net my siekte aan
Yahweh, genees my volkome
Laat my van my bed opstaan
Yahweh, genees my volkome
Ek is bedrieg en gedaan
U is die Een wat my weer oprig
U liefde vir my staan vas
Yahweh, U laat my by U staan
U laat my voel soos u gas
Yahweh, U laat my by U staan
Ek seën u Naam soos dit pas!