Views: 40
Ek rig my oog op na die berge
Waarvandaan sal my hulp kan kom?
Daardie hulp kom van Yahweh
Alles is geskep deur Hom
Hy sal self keer dat jou voet wankel
Dit is Hy wat sy volk bewaar
Op sy pos sal Hy nooit slaap
Reg langs ons wil Hy Hom skaar
Hy is die skadu wat nooit weggaan
Die bewaarder wat nooit sal rus
In die dag keer Hy die son
In die nag slaap ek gerus
Om my siel ervaar ek n groot laer
Gaan ek uit, vrees ek nie gevaar
Kom ek t’rug, is Hy reg daar
Tot die end sal Hy bewaar