Ps 88 Neig u oor


Neig u oor tot my gebed
Elohiem wat uitkoms gee
Elke dag kom smeek ek by u troon
Net U kan my met krag beklee

Kyk, die dood is rondom my
In ‘n kuil word ek getrek
Neem tog hierdie donker van my weg
Dat ek opnuut u guns ontdek

Hande steek ek na U uit
Sal U liggies aan my raak?
As ek dood is, kan ek U nie loof
Kan ek nie meer u Naam groot maak!

Dek tog nie u aangesig
Moet my siel tog nie verstoot
Neem die groot verskrikking uit my hart
Dan maak my hart weer u Naam groot!