OP HIERDIE DAG – PSALM 92


Op hierdie dag van die Shabbat
So goed om Yah te prys
Te groot, te hoog is U vir ons
Geen mens so sterk en wys
Selfs douvoordag sien ons u guns
En in die aand u trou
Met snarespel wil ons U loof
En u groot Naam onthou

Op hierdie dag van die Shabbat
Word ons deur U verbly
Kyk net hoe groot is elke werk
Selfs hoe U dink oor my!
Die dwaas sal dit nie kan verstaan
Hy wil U nie vereer
U lof sal nooit nie kan vergaan
Ons word deur U gesalf

Op hierdie dag van die Shabbat
Wil ons in u huis kom
Daar groei ons op net soos ‘n boom
Met vrugte reg rondom
Die ouderdom maak geen verskil
As oorvloed ons omring
Van Yahweh en sy groot almag
Sal ons vir ewig sing

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Inline Feedbacks
View all comments
0
Would love your thoughts, please comment.x
()
x