Ps 113 Sing Halleluyah


O kneg van Yahweh, sing halleluyah
Laat sy Naam geprys word vir ewig
O kneg van Yahweh, sy lof moet jy dra
Om Hom te loof, is wat lojaliteit vra

Sy Naam moet ons loof, solank die son skyn
Sy aansien is hoog bo die nasies
Voor sy grootheid is die hemel maar klein
Maar Hy sal die geringes nie laat wegkwyn

Wie is soos Yahweh, wie kom waar Hy woon?
En tog buig Hy laag na geringes
Uit stof rig Hy op, om sy hart te toon
‘n Ashoop kan sy lof vir ons laat uittroon

O kneg van Yahweh, sing halleluyah
Laat sy Naam geprys word vir ewig
O kneg van Yahweh, sy lof moet jy dra
Om Hom te loof, is wat lojaliteit vra