Views: 17
Tot U Yahweh hef ek my siel op
My Elohiem wat ek kan vertrou
Laat oor my leed nie een vyand juig nie
Laat u arms om my vou
Die mens wat sy hoop in u woord stel
Sal nooit beskaamd staan, sy kop laat sak
Maar hy wat so maklik u woord weg skuif
Sal gou na sy asem snak
Lei my in u waarheid en leer my
Want U is die Een wat my verlos
Betoon u reg en vertroosting aan my
Ek weet wat dit my sal kos
Vergeef tog nou sondes van my jeug
Dink aan my uit u goedheid, Yahweh
Slegs U kan dwalendes leer van die weg
Slegs U weet tog wat is reg
Op U is my oog voortdurend, Yah
Uit die net sal U my voete lei
My vrese en my ellende ken U
Laat u almag my bevry
As een wat sterk voel oor u verbond
En heelhartig u gebod nastreef
Kom ek nou ter wille van u groot Naam
U leer my hoe ek moet leef