U bewys guns aan hom wat hom wegsteek by U
As ek skuil by U, is ek veilig
Ek roep in my nood, U doen als om my te red
Reken gou af met die een wat sy pyl rig
U verlos selfs terwyl die gevaar om my woed
Hulp is daar vir my uit die hemel
Daar’s leeus rondom my, daar trek spiese oor my kop
Kyk net hoe die vyand rondom my wemel
U verhef u groot Naam tot waar geen mens kan kom
Van my siel so swaar belaai, wéét U
Die kuil wat hul maak – laat hul self daarin beland
Elke wondjie wat my seermaak, dit méét U
U verdien al die lof en ‘n lied tot u eer
Met my harp en lier is ek waaksaam
U trou is so hoog soos die hemel en die wolk
As ek nou dink aan u Naam, raak ek spraaksaam!