Ps 35 Laat my juig

Views: 29


Laat my juig oor u verlossing, veg U vir my!
Neem u skild en hou dit oor my, wees U my fort!
Laat die bende wat my aanval, in sy eie strikke weg gly
Laat hul sien: Power ons planne; ons lewe kort!

Laat my juig oor U wat reg doen, staan aan my kant!
Neem u oog van my nie weg nie, bly tog nie stil!
Laat die valse woorde wegsink, uitgespreek deur elke vyand
Laat hul weet: Ons kan nie wen téén Yahweh se wil

Laat my juig oor u groot vrede, reg deur die land!
Neem my saak en wees die Regter, wys u groot mag!
Laat hul vir hulself nie sê nie: Oor sy hart het ons die oorhand
Mag hul, deur u sorg vir my, na u Naam smag!