Ps 89 Die gunsbewyse

Views: 9


Die gunsbewyse van Yahweh, is iets om oor te sing
U trou wil ek vermeld per mond, aan my geslag dit bring
U groot goedertierenheid, vir ewig staan dit vas
U het met ons verbond gesluit, betroubaar soos dit pas!

Wie kan ons met U vergelyk, wie anders is so groot?
U heers oor hemel en aarde – die see is in u skoot
U troon spel geregtigheid – ‘n sieraad wat bekoor
Van al die magtiges bekend, weet ons en U staan voor!

U kneg het U van ouds gesalf, U trou aan hom beloof
Dit geld ook vir sy nageslag, geen vyand kan dit roof
U eis ons gehoorsaamheid – ons eerbied vir Torah
As ons kyk na wat ons ontvang, kan ons voorwaar nie kla!

Ons lewe is maar bitter kort, ons almal sal moet sterf
Terwyl ons hier op aarde is, is ons broos waar ons swerf
Maar die wat by Dawid hoort, vir ewig sal hul wees
Daarom is ons lewe met U, vir ons net een, groot fees!